ACVV Riebeek Kasteel

Die ACVV is n nie-winsgewende organisasie wat dienste lewer aan kwesbare kinders, gesinne en ouer persone. Diensleweringsareas waar maatskaplike dienste gelewer word, sluit in Riebeek Kasteel, Esterhof, Riebeek- Wes en omliggende plase. Ten einde volhoubaarheid te verseker is ons hoofsaaklik afhanklik van goedgunstige donasies. Alle vorme van donasies bv. vars en nie bederfbare voedselprodukte, baba benodigdhede, skryfbehoeftes, verkoopbare items vir die “Charity Shop”, finansiele bydraes asook gewillige hade (vrywilligers), is altyd welkom.

Ons beskik ook oor n goedversorgde selfsorg aftreeoord wat rus bied vir die goue jare.

Die “Charity Shop”is oop Maandae tot Vrydae van 7:30 tot 16:30. Kom loer gerus in en ondersteun hierdie goeie inisiatief.